book-icon Uitgawe Junie tot September 2022
Deel

Maak jou baba se mylpale maklik

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Van sit en staan kom niks gedaan, lui die spreekwoord – maar as dit by jou baba kom, geld hierdie wysheid glad nie. Dan ontwikkel sit en staan sommer baie spiertjies en vaardighede. En ons praat nie eens van hoe trots ons voel met elke mylpaal wat ons kleingoed baasraak nie!

Ondersteun jou baba met die volgende oefeninge om haar te help sit, kruip en uiteindelik te help loop.

Die meeste babas kan tussen ses en nege maande oud onafhanklik begin sit. Voor jou kleinding kan sit, is dit belangrik dat hy eers die nodige spiertjies bou wat dit vir hom moontlik maak om regop te bly en sy balans te handhaaf. Die volgende oefeninge kan hiermee help:

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees