book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Mag baba vrugtesap drink?

akkreditasie
Credit: Getty Images
Credit: Getty Images

Hoekom behoort my baba nie vrugtesap te kry nie? Is sap dan nie gesond nie?

Anel Kirsten antwoord: Die nuutste aanbeveling deur die Amerikaanse Akademie vir Pediatrie (AAP) is dat jong kinders aansienlik minder vrugtesap moet kry as wat vroeër gemeen is. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat terwyl water die beste drankie is om dors mee te les, vrugtesap ’n beter keuse as koeldrank is. As jy jou kind vrugtesap wil gee, kies suiwer pleks van versoete sap. Al het dit ewe veel kilojoules as koeldrank of versoete sap, sal jou kind baat vind by die vitamiene en minerale in suiwer vrugtesap.

Vrugtesappe wat ryk is aan veral vitamiene en antioksidante sluit in tamatie-, granaat-, druiwe-, bessie- en lemoensap. Sou vrugtesap wel gegee word, is dit beter om dit in die verhouding 1:10 met water te verdun.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees