book-icon Uitgawe Desember 2019 & Januarie 2020

Magietyd maak sterk

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As jou kleinding luidkeels protes aanteken die oomblik dat jy hom op sy magie neerlê, is dit maklik om hom liewer net weer op te tel. Maar dink twee keer voor jy dit doen.

’n Gebrek aan magietyd kan lei tot agterstande in ontwikkelings-, verstandelike en organisatoriese vaardighede. Dit kan ook veroorsaak dat ogies sukkel om voorwerpe te volg, sê die Amerikaanse fisioterapeut Judy Jennings in die navorsingstuk Conveying the Message About Optimal Infant Position

Dit klink erg. En navorsing toon ons moderne leefstyl kan dié komplikasies vererger. Omdat so baie ouers deesdae motorstoeltjies vir baie aktiwiteite buite die motor ook gebruik – soos om hul kinders daarin rond te dra of dit in die stootwaentjie vas te knip sonder dat hulle baba uithaal – bring hedendaagse babas baie tyd in dieselfde posisie deur. Terwyl hulle wakker is, moet babas in ’n verskeidenheid posisies gehou en geplaas word, sê Judy – en magietyd is een van die belangrikste maniere om daarmee te help.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees