book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Magietyd vir jou baba is belangrik

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As jou baba gereeld op sy magie lê, versterk dit sy nek-, rug- en skouerspiere en help dit die romp, skouers en heupe stabiliseer. Jou kind leer om sy lyfie in die omgewing te beheer, en dit help weer met balans, koördinasie en liggaamsbeheer, wat die basis van alle bewegings vorm.

Jare lank al word ons vertel dat die beste manier om wiegiedood te voorkom, is om baba op sy rug te laat slaap, en dit is waar. Maar dié veldtog was nie sonder sy nadele nie: Studies het gewys babas wat op hul rug slaap, is geneig om motories stadiger te ontwikkel as babas wat op hul magie slaap en dat hulle eers later sit, omrol en kruip.

Dié wat in hulle wakker tye meer tyd op hul maag deurgebring het, het egter heelwat beter gevaar in toetse van motoriese vaardighede as dié wat min of geen wakker tyd op hul maag was nie. Babas wat min op hul maag neergelê word, kan ook vir ’n korter tydperk kruip, wat middellynkruising beïnvloed.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees