book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Ma’s dra saam

akkreditasie
Shannon McLaughlin
Shannon McLaughlin

Met Leo (nou 4, maar toe ’n pasgeborene) se geboorte het ek gesukkel om van die huis af te werk omdat ek nie genoeg hande gehad het nie. Ek het na ’n drasak gesoek waarin ek Leo kon sit om my hande vry te hê. Nadat ek die sesde een gekoop het en steeds nie tevrede was nie, het ek besef dat daar ’n geleentheid in die mark is.

Ek het al ses die babadrasakke wat nié vir my en Leo gewerk het nie een dag na my pa se fabriek geneem – hy is ’n sak- en toerustingvervaardiger. Met my pa se kennis en my vasberadenheid het ons gekyk waarvan ons aan sekere drasakke hou en ook wat ons aan hierdie spesifieke sakke pla. Danksy ure se navorsing oor internasionale babadra-standaarde en kennis wat ek by kundiges ingewin het, het Ubuntu Baba se babadrasakke gestalte begin aanneem.

Leo was natuurlik my proefkonyn. Dit is ook aan hom te danke dat ek destyds besef het ek moet uitbrei toe hy uit sy Stage 1 Ubuntu Baba-drasak groei.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees