book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

My borsmelk is min!

akkreditasie
Credit: Getty Images
Credit: Getty Images

My kind is vyf weke gelede gebore en drink net borsmelk. Ek dink egter hy beleef ’n groeifase, want my borste kan net nie voorbly nie. Ek weet dis net ’n fase. Kan jy asseblief laat weet wat die beste“oerwoudsap”-resep is? Ek het gehoor dat dit melkproduksie aanhelp.

Lisanne du Plessis antwoord: Daar is tye wanneer babas meer gereeld wil voed. Dit gebeur rondom dag 10 tot 14, op drie tot vier weke, en dan weer op ses weke, drie maande en ses maande. Dié vraag na meer gereelde voedings duur gewoonlik 24 tot 72 uur en word gevolg deur versnelde groei en gewigstoename.

Dit kan in hierdie tye voel of jou baba gedurig wil voed, asof jou borste nie altyd so vol is as aan die begin nie en asof daar nie altyd ’n sakrefleks is nie. Dit is gewoonlik nou dat ma’s ernstig twyfel aan hul vermoë om genoeg melk vir hul baba te maak. As ’n byvoeding of aanvulling in hierdie tyd gegee word, verminder die tyd wat baba aan die bors deurbring, met ’n gevolglike daling in melkproduksie. Mamma is dan oortuig dat sy nie genoeg melk kon produseer nie en verwys dikwels na die gebeure as haar “melk wat opgedroog het”.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees