book-icon Uitgawe Junie, Julie, Augustus & September 2021

'n Nuwe ma se borsvoedingsdagboek

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My onderlyf was nog verlam van die keiser toe die verpleegster Jana vir borsvoeding bring. Ek weet nie hoekom nie, maar dit het my onkant gevang. Vreemd, want ek het nege maande lank uitgesien na hierdie oomblik en toe dit kom, toe voel ek nie gereed nie. Maar die verpleegster het my nie juis ’n keuse gegee nie. Ek was klaar in ’n halfsit-posisie en sy’t gesê ek moet die baba soos ’n rugbybal onder my arm hou. Dit het nie reg gevoel nie en met my ontblote borste het ek baie kaal en verleë gevoel.

My onbeholpenheid wou my laat huil. My man, Jan, het dit besef en die verpleegster sommer uitgejaag. Toe doen ek my eie ding en met ’n bietjie gesukkel het my baba die tepel in haar mond gekry en begin suig! Al probleem was dat ek in ’n krampagtige posisie was ten einde bors en baba bymekaar te bring.

Raad Die rugbybal-greep word aanbeveel as jy ’n keisersnee gehad het sodat jou baba nie op die wond druk nie. Maar jy kan net sowel ’n kussing op jou maag sit as jy bang is dit gaan seer wees en as jy nie van die rugbybal-greep hou nie. Soek in babawinkels na ’n spesiale borsvoed-kussing – dis werklik ’n belegging. Julle sal die kussing elke dag gebruik en wanneer jou baba ’n peuter is, sal die kussing ’n lekker speelding wees.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees