book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

’n Tweede kans!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Hoewel die meeste nuwe ma’s moedig wegspring, speen sowat 85 persent hul baba vroeër as beplan – dikwels binne die eerste ses weke. Die algemeenste redes is kommer oor melkvoorraad (wat meestal ongegrond is), seer tepels en/of suigprobleme. Voorkoming is beter as genesing, maar tog kan die meeste borsvoedingsprobleme opgelos word met ondersteuning, kundige hulp en geduld. Boonop is die vensterperiode waarbinne borsvoeding gered kan word langer as wat ma’s besef: weke of maande eerder as dae.

Het jul eerste voedings jou dom en onhandig laat voel? Het jy gewonder hoe op aarde jy jou honger, brose bondeltjie groot gaan kry? Dis normaal om so te voel, maar die goeie nuus is dat nóg jy nóg jou baba so hulpeloos is as wat dit lyk. Jul liggame is ontwerp vir borsvoeding en weet instinktief wat om te doen, mits julle gemaklik, privaat en by jul volle positiewe is. ’n Gesonde voltermynpienkvoet kan ná ’n medikasievrye geboorte op eie stoom oor ma se lyf kruip, haar tepel vind en vassuig. Sy voedingsrefleks is op hul sterkste ná geboorte, maar is tot ’n jaar oud teenwoordig. In uitsonderlike gevalle kan babas wat uit die staanspoor gebottelvoed is, maande later met ’n bietjie leiding begin borsvoed.

Navorsing wys dat 75 tot 95 persent van ma’s wat gespeen het, weer genoeg melk kan maak om eksklusief te borsvoed. Dit word “relaktasie” genoem en is selfs moontlik nadat melkproduksie met medikasie onderdruk is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees