Chelino Snuggly 2-in-1-drasak R599 (links) en Out and About-drasak R299 (regs), albei chelino.co.za, babawinkels, Toys R Us, Edgars en Baby Boom.
Just Baby se 3-in-1-drasak R349,95, Baby City en Baby Boom.
Stokke se MyCarrier R3 899, bornfabulous.co.za.
Just Baby 2-in-1-drasak R249,95, Baby City en Baby Boom.
Chicco UltraSoft-drasak R799,99, Baby City, Baby Boom en Makro.
Deluxe Baby-drasak R1 550, podbabycarriers.com.
Sunshine Baby-drasak R795 podbabycarriers.com.
Ubuntu Baba Stage 1-drasak R1 350, ubuntubaba.com.
EasyCarry-drasak R1 350, purelinenslings.co.za.
Baby Sense-drasak R449,95, Baby City.
Enkellaagring-toedraaisak van linne R860, purelinenslings.co.za.
Ryco van Bambino se 4-in-1-drasak R699,99, Baby City, Baby Boom en uitgesoekte Babies R Us-takke.

HET JY GEWEET?

As jy ’n drasak gebruik, kies liefs een waarin jou kleinding na jou toe kyk – dus met jou baba se maag teen joune. Navorsing wys dat dié posisie nie net beter vir baba is nie, maar ook vir jou, want jou kleinding sal ligter voel. Moenie jou baba vorentoe laat kyk nie, want dit sal nie genoeg ondersteuning vir sy ontwikkelende ruggraat, heupgewrigte, boudjies en bobene bied nie. Onthou dat alle goeie drasakke jou baba se beentjies teen 90 grade teen sy bolyf gebuig sal hou wanneer hy in die drasak sit. Sy knieë moet altyd hoër as sy sitvlak wees. Die basis van die drasak moet ook jou kind se bene tot by die agterkant van sy knieë ondersteun. Lees meer by www.babywearinginternational.org