book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Naelstring: Wag ’n bietjie met die skêr!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Meer en meer navorsing wys dat julle gerus ’n minuut of selfs langer kan wag voor baba se naelstring ná die geboorte geknip word. Dit hou soveel voordele vir jou pasgebore pienkvoet in dat selfs die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) nou aanbeveel dat dokters minstens ’n minuut wag voor hulle die lewegewende string afklamp. Dis omdat sowat ’n derde van jou baba se bloedvolume reg ná die geboorte nog in die plasenta is, verduidelik die Johannesburgse ginekoloog en verloskundige dr. Bronwyn Moore.

Hierdie fetale bloed is propvol yster, stamselle en ander heilsame eienskappe en dit maak dus sin om te wag dat soveel moontlik daarvan eers deur die naelstring na jou baba se lyf vloei voor jy die bloed-oordrag stopsit deur die string te knip.Al die ekstra bloed gee jou baba se lyf op verskeie vlakke ’n groot hupstoot. 

Saam met die ekstra bloed kry jou kind natuurlik al die yster wat in daardie bloed is, sê die Kaapstadse vroedvrou Angela Wakeford. Dit kan ’n ystertekort en bloedarmoede help voorkom en kan jou baba se ystervlak tot ses maande ná geboorte nog verbeter. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees