book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Naelstringsorg

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Terwyl jy swanger is, verskaf die naelstring voedingstowwe en suurstof aan jou ontwikkelende baba. Dit is die noodlyn tussen haar liggaam en die plasenta. Maar as jou baba eers gebore is, het sy nie meer haar naelstring nodig nie en word dit kort ná die geboorte naby haar naeltjie afgesny. Voor hy dit gesny het, het die dokter dit op twee plekke vasgeklamp om bloeding tot die minimum te beperk. Die klamp word vir een of twee dae net so gelaat tot die string verdroog het. Nie jy óf jou baba sal enige pyn voel wanneer die naelstring geknip word nie omdat dit geen senuweepunte het nie. Die stompie wat oorbly, is ’n deel van die naelstring wat ná ’n ruk uitdroog en afval en baba se naeltjie agterlaat. Dit is wel noodsaaklik dat jy die stompie van jou baba se naelstring deeglik versorg tot dit binne sowat 10 dae afval.

Die kleur van jou baba se naelstring sal verander – van geelgroen na bruin en dan swart voor dit eindelik afval. Tot dit gebeur, moet jy die volgende doen:

Stel die stompie aan lug bloot wanneer jy kan. As dit warm is kan jou baba net ’n doek en T-hemp dra om lugsirkulasie om die stompie aan te moedig. Vou die bokant van jou baba se doek aan die voorkant terug sodat dit nie teen die stompie skuur nie, en die stompie aan lug en nie urien nie blootgestel is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees