book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2019

Op 'n uitstappie met baba

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Die resep vir ’n suksesvolle eerste uitstappie met jou baba is ’n goed gepakte doeksak, ’n bietjie ekstra beplanning en ’n rustige ingesteldheid. Dit kan jou in elk geval net goed doen om saam met jou baba uit te gaan wanneer jy daarvoor gereed is. So nie, kan jy geïsoleerd en vasgekluister aan jou eie huis begin voel.

Die grootste aanpassing met ’n nuwe baba is dat elke enkele ding meer tyd verg. Jy kan nie soos voorheen net in die motor klim en ry nie. Ma’s is gewoonlik verbaas om te ontdek dat dit hulle ure kos net om uit die huis te kom, want eers moet jy self aangetrek kom, dan moet baba gevoed, skoongemaak en aangetrek word, daarna moet jy die doeksak aanvul en dan ook sorg dat alles – baba inkluis – in die motor gelaai word. Die uitstappie sal waarskynlik ook langer duur as wat jy beplan het – dit kos ’n hele rukkie om alles weer uit die kar te laai, en dan is daar die ekstra draaie wat jy moet loop omdat alle plekke nie stootwaentjie-vriendelik is nie. Dis dan dat jy moet onthou jy is met kraamverlof: Jou tyd is net joune en baba s’n. Wat maak dit saak as alles so lank duur? Ontspan. Die ergste wat kan gebeur is dat jy dalk vroeër as beplan moet terugkeer huis toe. Haal dus dadelik drie keer diep asem en besluit om julle uitstappie te geniet!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees