book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Pasgeborenes... Mooi van lelikheid

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As jy ’n vaginale geboorte gehad het, kan jou baba se gesig geswel en pofferig lyk as gevolg van die drukking in die geboortekanaal terwyl hy daardeur beweeg het. Dit veroorsaak swelling van die wange en ooglede.

Jy kan ligpienk vlekke op jou baba se gesig, ooglede, tussen sy oë, op sy wenkbroue en in die agternekvou sien. Dit is plat, verwyde haarbuisies wat binne ’n paar maande verdwyn. Soms laat tangverlossings ook spore, maar dit verdwyn binne ’n paar dae.

Voor jou baba se naelstring geknip word, sal dit op twee plekke geklem word. Binne 10 tot 14 dae ná geboorte word dit droog en val af. Daar is geen senuwees in die naelstring nie. Jou baba sal dus geen pyn ervaar wanneer dit geknip word nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees