book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Perfekte tyd vir kos

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou ma sê drie maande, die pediater sê vier maande en jou vriendin sê ses maande. Wanneer presies is die regte tyd om jou baba vaste kos te begin voer? Menings en praktyke hieroor verskil wêreldwyd. Ons bekyk die nuutste navorsing en aanbevelings.

Wanneer ons probeer vasstel wat die beste ouderdom vir die insluiting van vaste kos is, behoort ons eintlik te kyk na wat die ideale tydperk is wat babas net borsmelk en niks anders nie behoort te drink. Die oomblik wanneer jou baba haar eerste lepeltjie kos kry, is eksklusiewe borsvoeding verby.

In hul nuutste hersiening van al die beskikbare studies wat deur die jare in sowel ontwikkelde as ontwikkelende lande gedoen is, het navorsers tot die slotsom gekom dat ses maande die optimale tyd is waarin babas net borsmelk moet drink. Babas wat ses maande lank eksklusief geborsvoed word, spring minstens een episode van diarree vry. Dit geld nie net in arm huisgesinne nie, maar ook in huise waar daar behoorlike sanitasie, skoon lopende water en veilige vaste kos beskikbaar is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees