book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Planne met 'tanne'

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Melktande begin in die baarmoeder al in jou baba se tandvleis ontwikkel. Met geboorte is die tande reeds gevorm, maar nog onder die tandvleis. In uitsonderlike gevalle – 1 uit 2 000 – word ’n baba met ’n tand gebore. Raadpleeg jou tandarts as dit gebeur; ook as jou baba baie vroeg tande kry (voor drie maande). Dikwels is vroeë tande wortelloos en net aan die tandvleis vas. Jou tandarts sal waarskynlik aanbeveel dat dit verwyder word, want daar is ’n risiko dat die tand uitval en dat jou baba daaraan verstik. Die meeste babas begin hulle tussen drie en ses maande oud op tandekry voorberei, hoewel dit ’n maand of wat kan duur voor die eerste tand deur die tandvleis breek.

Die eerste snytand (gewoonlik onder) maak meestal tussen ses en agt maande sy verskyning, maar by sommige babas gebeur dit vroeër en by ander later. Party babas kry swaar, ander seil daardeur.

Die boonste snytande kom volgende uit, gevolg deur die laterale snytande teen agt of nege maande oud.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees