Vraag:

Ons is baie lief vir die natuur en niemand in ons huis ly aan allergieënie. Ons wil graag by ons kinders hierdie liefde vir die natuur kweek. Hoe veilig is dit om 'n plant in die baba se kamer te sit?

Antwoord:

Plante het ’n positiewe uitwerking op die gemoed en lyk mooi. Dit is dus verstaanbaar dat jy ’n plant in die babakamer wil sit.

Jy moet net seker maak dat die plant wat jy kies nie giftig is nie, nie stekelrig is nie en verkieslik nie blomme het wat stuifmeel vrylaat nie, ingeval jou baba tog wel allergies is. Maak ook seker dat die plant buite bereik van die kinders is en dat die grond in die pot skoon is.

Plante in jou baba se kamer kan op ander maniere baie positief wees. Sommige plante absorbeer die giftige stowwe wat deur sekere verfen plastieksoorte vrygestel word. Plante help ook om suurstof te vervaardig en koolsuurgas te absorbeer.

’n Inheemse plant wat bekend is vir sy lugskoonmaak-vernuf is die spekboomplant, wat ook ’n baie goeie potplant uitmaak.