book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Plat op die pensie vir magietyd

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Magietyd sê presies wat dit is: Jou baba bring tyd op sy maag deur wanneer hy wakker en jy by hom is. ’n Baba wat gereeld op sy magie lê se nek-, rug- en skouerspiere versterk en dit help die romp, skouers en heupe stabiliseer. Jou baba leer om sy lyfie in die omgewing te beheer, en dit help weer met balans, koördinasie en liggaamsbeheer, wat die basis vorm van alle bewegings.

Met al die fokus op wiegiedood die afgelope paar jaar, weet ons almal reeds dat dit beter is om jou baba op sy rug te laat slaap en dit ís veiliger en verminder die risiko van wiegiedood dramaties. Dié veiligheidsveldtog was egter nie sonder sy nadele nie: Studies het gewys babas wat op hulle rug slaap, is geneig om motories stadiger te ontwikkel as babas wat op hulle magie slaap en dat hulle eers later sit, omrol en kruip. Dié wat in hulle wakker tye meer tyd op hulle maag deurgebring het, het egter heelwat beter gevaar in toetse van motoriese vaardighede as dié wat min of geen wakker tyd op hul maag was nie. Babas wat min op hul maag neergelê word, kan ook vir ’n korter tydperk kruip, wat middellynkruising beïnvloed.

Jou baba sal dalk aanvanklik nie daarvan hou om op sy magie te lê nie, veral as hy nie van geboorte af daaraan gewoond was nie. Dis immers harde werk: As hy iets wil sien, moet hy sy koppie lig, iets wat glad nie nodig is as hy regop in ’n motorstoeltjie sit of op sy rug lê nie. Onthou dat dit hom nie seermaak om op sy magie te lê nie – hy hou net nie daarvan nie, want hy is dit nie gewoond nie en sy spiere is nog nie goed ontwikkel nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees