book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Pret in die bad

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Badtyd is troeteltyd en die liefdevolle aanraking wat hier geskied, is vir jou baba baie stimulerend. Sy leer haar omgewing deur middel van haar hele lyfie ken en al die sensasies van ’n bad is goed vir haar sintuie. Soen haar en sing vir haar – dit sal vir haar heerlik wees. Die positiewe assosiasies wat dit met badtyd skep, sal beteken dat sy altyd uitsien na dié spesiale tyd van die dag.

Spring self in en bad saam. Vir ’n klein babatjie sal hierdie intieme oomblik en vel-teen-vel-kontak wonderlik wees. Hou haar op jou skoot vas en kombineer badtyd met ’n massering. Saam bad sal ook vir jou ouer baba groot pret wees en haar soos ’n groot kind laat voel, veral as sy lekker stewig tussen jou bene sit en jou in die oë kan kyk.

Koop badprodukte wat die water kleur om jou baba aan verskillende kleure bloot te stel. Peuters kan later self kies in watter kleur hulle wil bad, of julle kan die dag van die week aan ’n kleur koppel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees