book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Privaat lesse vir kleinboet

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Wanneer urineer hy vir die eerste keer? Meer as 95 persent van babas urineer binne die eerste 24 uur ná geboorte; die meeste sommer pas nadat hulle gebore is. As jou baba in ’n hospitaal gebore is, sal die personeel wil weet of jou baba al sedert sy geboorte gepiepie het. Praat dadelik met jou dokter as dinge abnormaal lyk. Urine moet in ’n sterk straal uitkom en nie druppeltjie vir druppeltjie nie. Raadpleeg die dokter dadelik as die punt van die penis “opblaas” wanneer jou kind urineer.

Is dit normaal dat babas ’n ereksie kry? Ja, heeltemal! Hoewel dit geen seksuele oorsprong of konnotasie het nie, kry selfs pasgebore babas dikwels ’n ereksie vanweë verhoogde bloedtoevoer daar onder. Babaseuntjies kry ook normaalweg ereksies net voor hulle urineer.

Hoe maak ek my baba se penis skoon? Moet ek die voorvelletjie terugtrek? Nee! As ’n seuntjie nie besny is nie, sal die voorhuid gewoonlik nog aan die glans vas wees. Met ander woorde, dit glip nie terug van die punt van die penis nie. Moenie jou baba se voorvelletjie terugdwing nie, want dit kan skeur en die kop van die penis beskadig. ’n Litteken kan ontstaan en die littekenweefsel kan aan die glans vasgroei wat terugtrekking later bemoeilik. Jou seuntjie se voorhuid sal tussen twee en vier jaar oud geleidelik vanself loskom. Gewoonlik ontdek seuntjies in hierdie tyd hul geslagsdele en “speel” hulle dit sommer los sonder om hulself seer te maak.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees