book-icon Uitgawe Junie, Julie, Augustus & September 2021

Raad: Eina, ek dink ek het mastitis!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

VRAAG: Ek borsvoed reeds twee maande lank en geniet dit regtig. Ek het egter nou ’n warm knop in my bors wat baie seer is. Ek vermoed dis mastitis. Hoe sal ek weet dat dit wel mastitis is? Wat kan ek daaraan doen?

PROF. LISANNE DU PLESIS ANTWOORD: Mastitis is gewoonlik die gevolg van ’n verstopte melkbuisie. Die melk wat agter die verstopping vasgevang is, kan na die omringende borsweefsel gedwing word en dit kan ontsteking van die weefsel veroorsaak. Dié borsontsteking word mastitis of melkkoors genoem.

Daar kan ook ’n infeksie teenwoordig wees, maar nie in alle gevalle nie. Die simptome is dikwels soortgelyk aan griep en ’n mens kan bewerig en lyfseer voel of net skielik agterkom dat jou bors of borste seer is en jy olik voel. Die bors is gewoonlik rooi en geswel, warm en pynlik. Die beste behandeling vir mastitis is om dit te voorkom.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees