book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Raad met refluks

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As melk of kos wat in die maag is tot in die slukderm opstoot, word dit refluks genoem. Refluks is nie ongewoon nie en gesonde kinders en grootmense kan dit ’n paar keer per dag kry, gewoonlik ná ete. Jy weet meestal nie eens dit gebeur nie! Regurgitasie ontstaan wanneer die teruggespoelde melk tot in die mond kom en selfs by die mond uitkom. Refluks en regurgitasie is normaal as jou baba mooi groei en gelukkig is – jy hoef dus nie daaroor bekommerd te wees nie. Regurgitasie is meer algemeen by babas omdat hul slukdermpie nog so kort is, maar dit kom teen omtrent 12 maande vanself reg. As jou baba se lyfie hom egter nie self teen die gewone uitwerking van refluks kan beskerm nie, ontstaan reflukssiekte. Dit beteken dat die refluks meer gereeld as normaal is en langer duur, en dus probleme veroorsaak. Reflukssiekte moet behandel word.

Een van die algemeenste tekens van reflukssiekte is gereelde regurgitasie, oftewel ’n baba wat baie spoeg. Dit alleen beteken egter glad nie dat sy reflukssiekte het nie. As hierdie gereelde gespoeg veroorsaak dat jou baba nie genoeg gewig aansit nie, infeksie in haar slukderm kry of soveel pyn het dat sy buitengewoon baie huil en selfs voedings weier, het sy reflukssiekte. ’n Baba met reflukssiekte kan ook baie prikkelbaar wees, hoes of haar ruggie krom trek van die pyn. Alle babas met reflukssiekte spoeg egter nie, en dit kan dus gebeur dat sy nooit spoeg nie en tog hierdie komplikasies ontwikkel. Ongelukkig is al die tekens van reflukssiekte nie-spesifiek en kan hulle ook deur ander toestande veroorsaak word. As ma kan jy dit dus nie self diagnoseer nie. As jy vermoed jou baba het reflukssiekte, moet jy liewer ’n pediater raadpleeg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees