book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Resep vir gesonde melk

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou baba se brein bestaan hoofsaaklik uit vet, en die belangrikste vetsure daarvoor is die langketting-vetsure dokosaheksanoësuur (DHA) en arachidoonsuur (AA). DHA is ’n omega 3-vetsuur en AA ’n omega 6-vetsuur.

Ander omega 3’s wat jy op voedseletikette sal sien is eikosapentanoësuur (EPA) en die plantaardige omega 3, alfalinoleensuur (ALA). Behalwe vir AA is linoleïensuur (LA) en gammalinoleensuur (GLA) ook omega 6-vetsure. LA en ALA kan nie soos die ander vetsure in jou liggaam gemaak word nie. Dit bly egter steeds die beste om genoeg van elke soort vetsuur in te neem.

Van al die vetsure is DHA die belangrikste. Borsmelk wat propvol DHA is bevorder jou baba se breinontwikkeling, geheue, aandagspan en dus leervermoë vir die res van haar lewe. Dit steun ook oogontwikkeling en immuniteit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees