book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2019

Roetine, roetine, roetine

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Babas met voorspelbare rituele slaap makliker, dieper en langer, en is kalmer en meer ontvanklik vir stimulasie wanneer hulle wakker is. Vroeë babaontwikkeling is geskoei op patrone van assosiasie. Wanneer jou baba se brein die eerste stappe van die slaapritueel begin herken, is hy geprogrammeer om te verwag dat die hele patroon in plek val en sal hy vinniger aan die slaap raak. Hoe jy jou roetine aanpak, is ’n saak van persoonlike voorkeur. Die sleutelwoord is volharding.

Daar is meer as een manier om ’n babaroetine te vestig. Jy kry babagesentreerde roetines, ouergesentreerde roetines en ’n kombinasie van die twee. Wat belangrik is, is dat jy die skedule volg waarby jy en jou baba met die meeste gemak kan inval en wat vir jou intuïtief reg voel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees