book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Seer boudjies

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Brandboudjies is ’n rooi veluitslag om die geslagsdele en boudjies van jou baba. Soms is dit net ’n effense rooierigheid, ander kere kan dit ’n volskaalse ontsteking wees. Brandboudjies ontstaan as die vel geïrriteer word en kan omsit in ’n bakteriese infeksie as dit nie behandel word nie. Sproei of ’n swaminfeksie is ook ’n moontlike oorsaak.

As jou baba se boudjies baie rou is, kan dit help om sy boudjies drie keer per dag in louwarm water te was. Jy kan ’n bietjie koeksoda by die water voeg.

Dit word veroorsaak deur nattigheid of vuilheid in baba se doek – die nat, bedompige omgewing is die ideale plek vir die ontwikkeling van swaminfeksies. Die ammoniak in die urine irriteer baba se vel en breek die beskermende lagie op die vel af, sodat dit rooi en ontsteek raak. Dit stel jou baba bloot aan verdere infeksie. As jou baba se doeke dus nie gereeld geruil word nie, kan jy byna verseker weet sy sal die een of ander tyd brandboudjies kry.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees