book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Skakel so oor van bors na bottel

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My baba is maar ’n paar dae oud. Ek moet oor vier maande terugkeer werk toe en wonder wanneer ek kan begin uitmelk en bottel gee? Ek is ook bang vir tepelverwarring.

Jy kan in jou kraamverlof al begin uitmelk en so verseker dat daar ’n voorraad borsmelk beskikbaar is wanneer jy terugkeer werk toe of sommer net gaan inkopies doen. In die eerste twee tot drie maande van borsvoeding is borsmelkproduksie meestal hormoongedrewe. As jou borste oorvol word, is dit ’n goeie plan om uit te melk tot jy gemaklik voel. Hierdie melk kan vir latere gebruik gevries word. My raad is egter dat jy eers aktief begin uitmelk wanneer borsvoeding goed gevestig is en jou borsmelkproduksie gestabiliseer het. Dit gebeur gewoonlik wanneer jou baba twee of drie maande oud is.

Borsmelk moet altyd in ’n skoon houer uitgemelk en so gou moontlik koel gemaak word. Dit kan agt uur lank veilig teen kamertemperatuur gehou word. In ’n yskas hou dit vyf tot agt dae en in ’n klein yskas-vrieshokkie twee weke. Jy kan die melk drie dae lank in ’n gewone vrieskas bêre en tot ses maande in ’n kisvrieskas. ’n Praktiese wenk is om die melk in ysbakkies te vries. Maak die ysbakkie goed skoon en giet die uitgemelkte borsmelk in die ysblokkie-ruimtes. Plaas die ysbakkie in ’n skoon plastieksakkie, bind dit toe en skryf die uitmelkdatum buiteop. Vars uitgemelkte borsmelk moenie by bevrore borsmelk gevoeg word nie. Jy kan die borsmelk later ontdooi deur die blokkies in ’n skoon houer in die yskas te plaas. Moet die ontvriesde melk nie kook of in die mikrogolf warm maak nie; wag tot dit kamertemperatuur bereik en voer dit dan vir jou baba. Jy kan dit wel in ’n koppie giet en dan binne-in ’n ander houer met warm water plaas om dit effens warm te maak. Ontdooide borsmelk lyk asof dit geskif het. Dit is omdat die melk nie gehomogeniseer was voor berging nie. Koeimelk, waaraan ons gewoond is, word gehomogeniseer, wat verseker dat die vet nie skei tydens berging nie. Ontdooide borsmelk is veilig, al lyk dit nie soos vars melk nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees