book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Skeidingsangs: Jou klein klou-apie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou baba was dalk op ses maande ’n sosiale vlindertjie wat haar arms uitgestrek het na enigiemand wat haar wil optel, selfs die kelner by die restaurant. Maar nou, op nege maande, wil sy nét vir Ma hê. Ouma is skoon suur daaroor en jy begin al sien hoe jy gaan sukkel wanneer dit tyd is vir ’n speelskooltjie. 

Wees egter gerus, en verduidelik maar vir Ouma ook dat dit net ’n stadium is. Trouens, skeidingsangs (die deftige naam vir hierdie stadium) is ’n teken dat jou klouerige baba normaal aan die ontwikkel is. Op sowat nege maande (dit kan vroeër of ’n bietjie later ook wees) begin jou baba stelselmatig verstaan dat jy en sy twee aparte wesens is, en dat jy soms nie teenwoordig is nie. Omdat sy geen begrip van die verlede of die toekoms het nie – babas leef in die oomblik – voel dit vir haar asof jy haar verlaat elke keer wanneer jy uit die vertrek gaan, al het jy net gou gaan stort. Dis vir haar baie ontstellend. 

Jý weet natuurlik goed jy kom terug, maar daarvan verstaan jou baba nog niks. Wanneer sy jou nie kan sien nie, voel dit vir haar of jy skielik nie bestaan nie, wat haar met vrees en angstigheid vul. Moet dus glad nie sleg voel as jou baba aan jou klou nie. Dis ’n teken dat jy en sy goed gebind het, en dat jou koestering vir haar die belangrikste ding op aarde is. Dit beteken ook dat haar instink reg is en dat haar intellektuele ontwikkeling op dreef is. Help haar met groot empatie en geduld om haar vrees geleidelik te oorkom, en so neem julle saam die eerste klein stappie na onafhanklikheid.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees