book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Skitterskoon – hoe om jou baba se bottels te steriliseer

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

In die eerste jaar of twee van jou baba se lewe speel bottels ’n belangrike rol in sy voeding (selfs al borsvoed jy) en daarom moet jy weet hoe om dit behoorlik skoon te hou ten einde jou aapstert teen siektes te beskerm. En dis nie net jou baba se bottels wat supersindelik moet wees nie – alles van foppies en spene tot borspomponderdele en selfs bekertjies en lepeltjies moet in die eerste maande gesteriliseer word.

Die meeste kenners stem saam dat voedingstoerusting in die eerste 6 maande áltyd gesteriliseer moet word. Ander beveel aan dat jy daarmee aanhou tot jou baba ’n jaar oud is, omdat hy dan al genoeg van sy eie teenliggaampies kan maak om infeksie te beveg. ’n Derde groep meen sterilisasie is nodig tot jou baba glad nie meer bottel drink nie. As jy wel ná ses maande ophou om jou baba se bottels te steriliseer, moet jy baie seker maak dat jy steeds ál sy voedingstoerusting baie deeglik met warm water en seep was.

Alle voedingstoerusting moet in die eerste ses maande gesteriliseer word. Dit sluit in jou borspomp, fopspene, bottels, spene, botteldoppies en -skyfies, tepelskerms (indien gebruik) en die tangetjie waarmee jy die bottels en spene hanteer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees