book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Speletjies wat slim maak

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou kind ontwikkel in haar eerste lewensjaar vinniger as enige ander tyd van haar lewe, en die regte stimulasie is dus baie belangrik. In die eerste jaar word al die boustene vir baba se toekomstige ontwikkeling gevorm. Maar wat is die doeltreffendste manier om jou bondeltjie te stimuleer? Hierdie speletjies sal jou kleinding se brein sommer gou aan die werk skop.

Vryf verskillende teksture materiaal soos satyn, wol en handdoekstof oor jou baba se lyfie. Aanraking is een van die belangrikste maniere waarop baba die wêreld verken. Die aanraaksintuig ontwikkel reeds voor geboorte en baie van jou kind se leerervarings hou daarmee verband. As jy jou kleinding dus blootstel aan verskillende tassensasies sal jy haar bewuswording van haarself en haar wêreld vergroot.

Gee jou baba die geleentheid om verskillende dinge te ruik – soos blomme of ’n pas gesnyde lemoen – en vertel haar wat sy ruik. Wat babas sien en ruik laat paadjies in die brein vorm, veral as die ervaring in ’n liefdevolle, voorspelbare omgewing plaasvind. Navorsing wys babas is gek oor die geur van anys en suurlemoen.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees