book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Sssjjjj... Jou pasgeborene slaap

akkreditasie

Jou splinternuwe bondeltjie vreugde kan dalk baie beter – of slegter! – slaap as iemand anders s’n, want net soos volwassenes is babas individue met verskillende persoonlikhede en behoeftes. Tog kan jy jou baba help en beïnvloed om van geboorte af geleidelik gesonde slaapgewoontes te ontwikkel.

Net omdat jou pienkvoet aanvanklik goed slaap, beteken dit nie die stryd is vir altyd gewonne nie. Leer meer oor slaap en jy sal beter voorbereid voel op wat kom.

Moenie goedsmoeds na almal se raad luister nie: As jy bekommerd voel oor iets, gesels liewer met ’n ervare en betroubare ouerskapskenner of professionele mediese persoon. As jou baba sleg slaap, is die eerste stap altyd om siekte of ongemak uit te skakel. Onthou ook dat “deurslaap” by babas behels dat jou baba vyf uur lank aanmekaar slaap – moet dus nie verwag dat hy soos ’n volwassene regdeur die nag moet slaap nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees