book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Troos vir ’n tranedal

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

’n Pasgebore baba se grootste behoefte is voeding en die meeste ma’s bied instinktief heel eerste die bors of bottel aan. Tekens dat jou baba dors is, sluit in dat hy sy mondjie na sy wang draai sodra jy daaraan raak, dat hy knieserig is, smakgeluidjies met sy lippe maak of sy handjies suig.

Hou in gedagte dat babas nie altyd honger is nie, maar dalk net ’n behoefte aan suig het. Kyk dus of die foppie help. Suig is ’n refleks en kan jou baba help ontspan.

Hoewel dit beter is om jou baba op aanvraag te voed as volgens ’n vaste rooster, moet jy daarteen waak om jou baba kort-kort net ’n bietjie te voed. Dit kan gebeur dat baba dan nooit by die meer voedsame agtermelk uitkom nie, maar net die dunner eerste melk inkry wat sy dors les. Sy magie word dus vol, maar hy bly honger.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees