book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

'n Tweeling op pad?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Om die eerste ses weke met ’n baba te oorleef, is ’n reuse-taak – maar om dit met ’n meerling te doen, is ontsagwekkend! Ma’s wat al daar was en dit oorleef het, sê hoewel die versorging van hul babas in die vroeë maande die moeilikste was, dit mettertyd baie makliker geword het. Daar is soveel vervulling en bevrediging daarin om meerlinge groot te maak, maar as jy wil oorleef, moet jy jou goed voorberei.

Vind ’n meerling-steungroep in jou omgewing of sluit aan by ’n aanlyn-forum om met ander ma’s in dieselfde omstandighede te gesels. Jy sal nuwe vriende maak en die geleentheid hê om besonderhede en bekommernisse met ander ouers in dieselfde bootjie te bespreek. Hier volg die belangrike dinge wat jy nog voor jou babas se geboorte moet doen.

Organiseer hulp. Dis ’n groot ding om ’n meerling te hanteer. As jy dus weet jy het ondersteuning, maak dit die taak baie makliker. Praat met jou familie of vriende oor wie wat vir jou kan doen – nie net in noodgevalle nie, maar ook wanneer jy ’n blaaskans nodig het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees