book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Van kroontjie tot toontjie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Lê jou baba op haar doekruilstasie of op die bed op ’n sagte handdoek neer. Sorg dat jy warm water byderhand het. Trek jou baba se boonste klere uit. Haar doek en broek kan vir eers aanbly.

Begin met die ogies. Gebruik ’n klam watteballetjie vir elke oog en vee van die binnehoek na die buitehoek van die ogie. Seep is onnodig. Ouer babas se gesiggie kan met ’n waslap afgevee word. Koop twee waslappe: een kleur vir die gesig en een kleur vir die lyf Maak seker almal wat jou baba bad ken die kleurkode.

’n Babatjie hoef nie geskrop te word nie. Louwarm water en ’n sagte waslap is genoeg. Doop die skoon, sagte waslap in die warm water – jy kan ’n paar druppels seep byvoeg – en druk die oortollige water uit. Vee jou baba se bolyf liggies skoon. Gee veral aandag aan die voue van die nek, agter die ore en tussen haar vingers – suur melk pak maklik in die rolletjies en voue saam en kan vinnig sleg begin ruik. Lig ook haar armpies op en vee daar skoon.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees