book-icon Uitgawe Junie & Julie 2018

Velfeite & -verrassings

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Moenie toelaat dat daardie mollige wangetjies jou om die bos lei nie – ’n baba se vel is 20 tot 30 persent dunner as dié van ’n volwassene. Tog verrig dit harde werk in die eerste maande van jou pasgeborene se lewe: Dit weer infeksies af, reguleer temperatuur en hou jou baba gehidreer.

Jou baba se delikate vel is ’n las én ’n vreug. Hy het aanrakingsreseptore van sy kop tot sy toon en span dit in om meer te leer oor die vreemde nuwe wêreld waarin hy hom bevind. Dis belangrik, want hierdie aanrakingsreseptore maak binding makliker. Elke keer dat jy jou baba soen, streel of sy vel masseer, stimuleer jy die vervaardiging van oksitosien, die liefdeshormoon. Aan die ander kant beteken hierdie delikaatheid dat jou baba meer kwesbaar is vir hitte of koue, maklik deur ’n warm stof gebrand kan word en vinniger sonbrand opdoen as ’n Yslander wat vir die eerste keer in Afrika aanland.

As jou baba te warm of te koud voel terwyl julle vel-tot-vel-aanraking geniet, sal jou liggaamstemperatuur vanself styg of daal om sy liggaamstemperatuur te reguleer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees