book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Versorg jou nuwe baba

akkreditasie

Ruil doeke die oomblik as jy ’n poef vermoed en moenie jou pasgeborene te lank in ’n nat doek los nie. Vee jou baba se boudjies met ’n warm lap of vogdoekie af. Dis nie nodig om met elke doekruiling boudjieroom te gebruik nie, veral nie as jou baba ’n borsbaba is nie. Boudjieroom kan die doeltreffendheid van die absorberende jel in die weggooidoeke ondermyn. Sodra dit egter lyk of daar ’n uitslag vorm, moet jy room aansmeer. ’n Bietjie vars lug op ontblote boudjies verrig ook wondere. Onthou net om ’n handdoek onder jou baba se sitvlak te plaas om ’n ongelukkie te vermy!

Jou seuntjie of dogtertjie se geslagsdele sal kort ná geboorte geswel lyk. Vou jou babadogtertjie se vaginale lippies saggies oop en vee met ’n skoon lappie of vogdoekie skoon, veral ná ’n vuil doek. Jou seuntjie se voorhuid is stewig vas aan die penis en moenie weggetrek word nie. Was alles net mooi skoon met ’n bietjie louwarm water.

Jou baba se vel is nog baie dun en sensitief en geboortemerke is baie algemeen. Jou nuwe baba kan “ooievaarsbyte” op haar ooglede en agter haar kop net bo die nek hê. Dit gaan vanself weg. Jou pasgeborene hoef nie elke dag gebad te word nie. Louwarm water en ’n sagte waslap is in die eerste week of wat voldoende. Druk haar lyfie eerder met ’n handdoek droog pleks daarvan om te vryf. As ekstra bederf kan jy die handdoek op koue winteraande vooraf vinnig in die tuimeldroër warm maak. Smeer jou baba ook ná badtyd in om te voorkom dat haar vel uitdroog en gebruik net velsorgprodukte wat goedgekeur is vir gebruik op pasgeborenes.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees