book-icon Uitgawe Augustus & September 2019

Waardevolle borsvoedlesse

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

1. DIE LES WAT EK GELEER HET Ek het na te veel mense se borsvoedingsraad geluister en dit het my deurmekaar gemaak. Kies een persoon wat jou mentor kan wees.

My wenk Ek het een bors uitgemelk terwyl my baba aan die ander bors gedrink het. So het ek my melkproduksie vermeerder en ’n groot melkvoorraad opgebou. Ek dink nou nog dit het gesorg dat ek al drie my seuns elkeen langer as ’n jaar suksesvol kon borsvoed. Milanjé Esterhuizen, Bloemfontein, Vrystaat

2. DIE LES WAT EK GELEER HET Ek wens ek het vooraf meer oor borsvoeding gelees en navorsing gedoen. Ek was heeltemal onvoorbereid. Ek het vier dae lank regtig gesukkel; dit was so erg dat ek elke keer kort voor ’n voeding in ’n koue sweet uitgeslaan het. Wat dit moeiliker gemaak het, was dat die verpleegsters wat moes raad gee elke agt uur skofte geruil het. Met elke nuwe helper was die raad anders, en ek kon nie ’n vertrouensverhouding met enigiemand opbou nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees