Wat behels die sesweke-ondersoek?

akkreditasie
Waarom is 'n sesweke-ondersoek so noodsaaklik en waarna soek die pediater?

Vraag:

Waarom is ’n sesweke-ondersoek so noodsaaklik en waarna soek die pediater?

Antwoord:

Met die ondersoek ses weke ná die geboorte vra die dokter ’n volledige geskiedenis en kyk hy of al baba se organe reg werk.

Die ondersoek is baie belangrik en moet verkieslik deur ’n pediater gedoen word. Nuwe ma’s het ook hierdie ondersoek nodig omdat hulle dikwels antwoorde soek op vrae oor voeding, slaapsteurnisse, koliek en refluks. Dit word alles volledig met hierdie besoek bespreek.

Alle ander onsekerhede kan ook met dié besoek uit die weg geruim word.

Julle sal ook gesels oor die belangrikheid van inenting, en party pediaters ent baba sommer daar en dan in. Die dokter sal jou verder uitvra oor familiesiektes en sal baba se gehoor en sig toets.

Hierna volg ’n volledige sistemiese ondersoek waartydens die dokter soek na tekens van geelsug, bloedarmoede en vogterughouding. Die volgende word ook ondersoek:

  • Die hart, ingeval daar ’n hartgeruis of selfs hartversaking is.
  • Baba se longe.
  • Die buik.
  • Die geslags- en urinêre stelsel.
  • Die spiere en skelet – die dokter toets spesifiek vir heupontwrigting.
  • Die senustelsel, onder meer baba se reflekse.
  • Baba se vel.



Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees