book-icon Uitgawe Oktober & November 2017

Wat is melkkors?

akkreditasie

Melkkors is iets wat veral babas op hul kop kry, maar soms kan dit tot drie jaar oud voortduur. Wanneer 'n baba se koppie sweet, produseer die piepklein talgkliertjies in die vel ekstra olie (sebum). Dit kan 'n velinfeksie tot gevolg hê wat melkkors of seborree-dermatitis genoem word.

As jou baba melkkors het, sal jy heel eerste skilferagtige vlokkies op sy kop opmerk. Dit is afgewerpte velselle en is normaal. Sommige ma’s dink die skilfers ontstaan omdat hulle hul baba se kop nie goed genoeg was nie en dan vryf hulle dit met mening – pasop daarvoor, want dit maak die toestand net erger!

Melkkors word nie veroorsaak deur verwaarlosing of swak higiëne nie. As jy droë kolle op jou baba se kopvel sien, kan jy net 'n bietjie babaolie aansmeer om dit oornag te laat sag word. Borsel dit dan behoorlik uit en was jou baba se hare die volgende dag met 'n matige babasjampoe (lees meer oor behandeling in die kassie).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees