book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Wat kos dit om 'n baba te kry? Begroot só vir jul baba

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Babas is nie goedkoop nie en elke gesin se begroting en behoeftes verskil. Gebruik dié gids as ’n riglyn vir gemiddelde uitgawes tydens jou swangerskap, die bevalling en jou kleinding se eerste maand of twee tuis. Hoe het ons die pryse bereken? In die geval van mediese uitgawes het ons minstens drie diensverskaffers geraadpleeg. Die prys van ander produkte is by minstens drie of vier verskaffers vergelyk, waaronder ’n algemene aanlynwinkel, aanlynbabawinkel, babakettingwinkel, apteekgroep, gewilde kettingwinkels, aanlynkraamdragwinkels en boetiekbabawinkels.

Privaat hospitaal

Ons het die kostes vergelyk van drie hospitale wat elk tot ’n ander hospitaalgroep behoort. Mediese skemas dek meestal verblyf in algemene sale ten volle. Bykomende kostes, soos dié van ’n privaat kamer, word gewoonlik nie gedek nie (kyk na die tabel onder).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees