book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Wat skuil in daai doek?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou nuwe baba se eerste stoelgang is taai en swart of donkergroen. Dit staan bekend as mekonium en is ’n stof wat in die baarmoeder in die ingewande opgebou het. Hierdie poefdoeke is heeltemal normaal en beteken eintlik dat jou baba gesond is. Wees egter voorbereid, want dis nie ’n grap om skoon te kry nie! 

Kolostrum, die heel eerste melk wat jou liggaam pas ná geboorte produseer, help jou baba om vinnig van die mekonium ontslae te raak. Probeer dus jou bes om jou kleinding so gou moontlik ná die geboorte te voed sodat die melk sy lyfie aan die gang kan skop. Die opbou van mekonium kan geelsug veroorsaak, daarom is dit belangrik dat jy minstens 12 keer binne 24 uur borsvoed. 

Die kolostrum tree byna soos ’n lakseermiddel op en sodra jou melk inkom, sal die kleur en tekstuur van jou baba se stoelgang begin verander. Die stoelgang sal van ’n swart, taaierige stof na bruin verander en ook heelwat minder klewerig wees. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees