book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Wiegiedood: Slaap veilig, Poplap

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Die risiko vir wiegiedood is nie so groot kort ná baba se geboorte wanneer nuwe ma’s dikwels die meeste op hul senuwees is nie, maar eerder in maand twee tot vier. Hierna neem die risiko vinnig af tot op ses maande. Sowat 90 persent van alle wiegiedoodsterftes is by babas jonger as ses maande, hoewel ’n baba tot op ’n jaar oud nog kwesbaar is. 

Ondanks geweldig baie navorsing om vas te stel wat wiegiedood veroorsaak, kon wetenskaplikes nog geen enkele rede daarvoor vaspen nie. Dit lyk wel of ’n kombinasie van faktore die risiko kan verhoog. 

In sommige gevalle word wiegiedood verbind met afwykings in die deel van ’n baba se brein wat sy asemhaling reguleer. Babas met ’n lae geboorte­gewig (minder as 2,5 kg) of vroeggebore babas (gebore voor 37 weke) wie se asemhaling dalk minder betroubaar is, loop ook ’n groter gevaar. Vroeë geboorte kan die risiko van wiegiedood tot vier keer verhoog. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees