book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Woord vir woord

akkreditasie
Babe-Eeze se silikoonjuwele
Babe-Eeze se silikoonjuwele

Selfs al kan ’n pasgeborene nie praat of taal behoorlik verstaan nie, is hulle vinnige leerders. Navorsing het gewys dat babas oor taal en die wêreld om hulle leer nog voor hulle gebore is. Al verstaan jou baba dus nie die eintlike betekenis van woorde nie, voel hy jou emosionele boodskap aan wanneer jy met hom praat en verstaan so die bedoeling daarvan. Babataal, glimlaggies en brabbel is jou baba se manier van kommunikeer. Dit is die eerste stap op ’n baba se reis na die vermoë om vlot te praat.

Jou baba is mal daaroor om alles om hom dop te hou. Soos ’n sponsie suig hy alles op wat hy sien in ’n poging om sin daarvan te maak. Dit is hoe hy weet dat jy hom sal voed en kalmeer, en met hom speel en hom troos wanneer hy jou nodig het. Die reaksie wat hy op sy eerste glimlag kry, laat hom weet dat lag nog ’n manier is om aandag te kry. Teen drie maande laat hy ’n paar borrelklankies saam met die glimlaggie hoor – dis ’n primitiewe maar doeltreffende manier om met jou te kommunikeer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees