book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Yster vir baba

akkreditasie

Gedurende die laaste trimester van swangerskap word sowat 80 persent van die yster wat met geboorte in jou baba se lyfie is, opgeneem en geberg. Om hierdie rede het voltermynbabas in die eerste ses maande nie so baie yster nodig nie; net sowat 0,27 mg per dag.

’n Baba wat vroeg gebore is, het egter nie hierdie ystervoorraad wat sy lyfie kan gebruik nie, daarom het hy van vroeg af reeds groot hoeveelhede yster nodig. As ma ’n ystertekort gehad het tydens swangerskap, of as sy rook, onbeheerde diabetes het, aan hoë bloeddruk ly of plasentaprobleme gehad het wat baba se groei belemmer het, of as die baba ’n lae geboortegewig gehad het, kan selfs ’n voltermynbaba se ystervoorraad onvoldoende wees. Sulke babas sal dus ook van vroeg af ekstra yster moet inneem.

’n Baba wat met geboorte ’n goeie ystervoorraad het, sal teen ses maande nie meer gebergde yster hê om te gebruik nie. Ses tot twaalf maande oue babas het 11 mg yster per dag nodig. Dit is selfs meer as wat jý nodig het terwyl jy borsvoed.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees