book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Yster vir baba se breinontwikkeling

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ek het onlangs gelees hoe belangrik yster in die swangerskap is en hoe sleg ’n tekort jou groeiende baba se breinontwikkeling kan beïnvloed. Ek is 12 weke swanger met my tweede kind. Ek drink aanvullings spesifiek vir swanger vroue, maar hoe kan ek seker maak die yster word optimaal opgeneem? Kan ek my dieet aanpas om te verseker dit word goed opgeneem?

Die liggaam se behoefte aan yster gaan nooit weer so hoog wees soos tydens swangerskap nie. Jy benodig 30 mg yster per dag. Die bykomende yster word benodig weens die verhoogde bloedvolume. Jou liggaam maak 1 tot 2 kilogram meer bloed tydens swangerskap!

Die ongebore baba moet ook genoeg yster in sy eie liggaam berg om hom in die eerste drie tot ses maande van sy lewe van yster te voorsien. Daardie yster kry hy by jou en hy berg dit hoofsaaklik in die derde trimester. In dié tyd het jy 9 tot 12 mg ekstra yster per dag nodig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees