book-icon Uitgawe Augustus & September 2019

10-punt-plan vir vrede in die huis

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou huisreëls gaan net krag hê as dit deurlopend toegepas word. Wat vandag geld, moet môre ook geld. Dis soms moeite om konsekwent te wees, veral as jy moeg is en nie lus vir baklei nie. Dan sien jy maar die oortreding oor, want dis net makliker om die vrede te bewaar. Maar as jy konsekwentheid begin toepas, spaar jy jou op die duur baie meer tyd en moeite.

Hoekom werk dit? Want jou kind weet presies waar jy staan. Sy sal soms nog jou grense toets, maar as jy konsekwent is laat dit haar gekoester en geborge voel – al sit sy dalk ’n keel op.

’n Mens moet maar jou woorde tel wanneer jy jou kind berispe, so nie kan haar selfbeeld ’n knou kry. Vertel haar wat sy verkeerd gedoen het, hoekom dit verkeerd was en wat nou gaan gebeur – sonder dat dit klink asof die daad deel van haar persoonlikheid is. Byvoorbeeld: Moet haar nie as ’n monster uitskel as sy haar boetie afknou nie. Verduidelik dat afknou onaanvaarbaar is, dat sy vir haar sussie om verskoning moet vra en as straf alleen in haar kamer moet gaan sit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees