V&A: Kindersorg kwessie

akkreditasie
My baba is drie maande oud en ek het tot dusver tuis gebly. Ek moet egter een van die dae terug werk toe. Wat is die beste kindersorg? Moet ons 'n dagmoeder kry of kan ons 'n créche oorweeg?

René Daniels, opvoedkundige sielkundige, antwoord: 

Dis regtig een van die moeilikste besluite wat ’n mens moet neem: kindersorg of ’n dagmoeder.Die keuse hang werklik af vanjou persoonlike voorkeur. In baie gesinne moet albei ouers werk. Die meeste ouers kies dagsorgsentrums waar daar gekwalifiseerde personeel is om vir babas en kleuters te sorg. Kinders word gestimuleer en leer reeds op ’n vroeë ouderdom om te sosialiseer.

Hoe gouer kinders deel word van ’n dagsorgsentrum, hoe makliker sal die sprong na ’n formele skoolomgewing wees. Normaalweg kan kinders baie vroeg afgelaai en baie laat opgelaai word. Die meeste dagsorgsentrums is ook in vakansietye oop. Natuurlik is daar aanvanklik aanpassingsprobleme vir ’n baba, maar ’n nuwe roetine behoort binne twee tot vyf dae gevestig te wees.

As jy ’n meer knus, huislike atmosfeer verkies, is ’n dagmoeder met die nodige kwalifikasies jou antwoord. Met ’n gestruktureerde roetine en genoeg stimulasie sal jou kind blom en wanneer sy meer onafhanklik is, ook by die crèche-omgewing kan aanpas. So lank die onafhanklikheid, roetine en stimulasie in alle aspekte van jou kind se lewe gewaarborg is, kan jy ’n dagmoeder oorweeg. As ’n ma weet jy wat jou kind nodig het. Neem jou besluit op grond van wat vir jou haalbaar is.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees