book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Alleentyd met jou kind: Jou volle aandag

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Om waarlik te floreer, het kinders nodig dat hul ouers minstens ’n halfuur per dag opsysit waarin hulle pa of ma se onverdeelde aandag kry. Dis natuurlik makliker gesê as gedaan, veral as albei ouers werk en daar al meer as een kind is. Ons gee raad:

EERSTENS moet jy jouself oortuig dat alleentyd met jou nood­saaklik is vir jou kind se ontwikkeling. Onthou, jou kind is ’n unieke mens met haar eie vrese, behoeftes en persoonlikheid. Sy gaan anders daaraan uiting gee wanneer sy alleen saam met jou is as in ’n groep. Corné Peach, ’n kliniese sielkundige van Kempton Park in Gauteng, sê die ouer-kind-verhouding is in die kleuterjare die hoofverhouding en die omgewing waar sy die meeste waardes en eiewaarde leer (of behoort te leer). Die groter gemeenskap en maatjies speel wel ’n rol, maar koester die jare waarin jý die belangrikste is, want in die tienerjare sal jy na hierdie tyd terugverlang.

TEN TWEEDE moet jy weet dat die voordele van gereelde alleentyd met jou van onskatbare waarde vir jou kleinding is. Jou kleuter voel in hierdie tyd veilig en kan rustig uitvra oor dinge waaroor sy onseker is. Sy kan haar sosiale vaardig­hede oefen sonder angs dat iemand vir haar sal lag. Julle sal beter bind en jy sal jou kind se persoonlikheid in al sy fasette leer ken.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees