book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Baba-nuus

akkreditasie
Houtblokkie met mooi wense in Afrikaans deur Alet van Zyl van Hartsgoed
Houtblokkie met mooi wense in Afrikaans deur Alet van Zyl van Hartsgoed

Houtblokkie met mooi wense in Afrikaans deur Alet van Zyl van Hartsgoed, R160. Alet is ’n ma van twee wat op ’n plaas in die Karoo tusen Richmond en Drie Susters woon, waar al haar produkte gemaak word en vanwaar die onderneming bedryf word. Hartsgoed het selfs onlangs die Britse Vogue gehaal! Gaan na hartsgoed.co.za om te kyk en koop. Daar is kussings ook met mooi Afrikaanse woorde op.

Babas word op die mees ongeleë tye siek en hoe jonger die baba, hoe gouer moet julle mediese raad kry. Dis moeilik om dadelik ’n afspraak te kry en ook nie altyd moontlik om in die nag noodhospitaal toe te ry nie. Nou is daar ’n toep wat met die stres hiervan kan help. Die Lilaq Health App bring ouers in verbinding met geregistreerde gesondheidswerkers sodat julle baie vinnig hulp kan kry op ’n tyd wat julle pas, en teen ’n bekostigbare prys. Jy kan nou selfs inentings en roetine-afsprake by jou huis laat plaasvind, wat veral lekker is terwyl ons almal nog vir Covid-19 wegkruip. Met druktyd was die diens net in die noorde van Johannesburg, Centurion en Pretoria beskikbaar, maar ander stede word vinnig bygevoeg en jou stad is dalk al aanlyn. Gaan na lilaq.co.za vir nog inligting of laai die toep op jou slimfoon af.

Little Little Prem is ’n plaaslike onderneming wat aan Nicolle Grosskopf behoort. Nicolle het op 34 weke die lewe geskenk en haar eie ervaring met ’n vroeë baba in die intensiewesorgeenheid was die inspirasie vir Little Little Prem. Sy verskaf produkte wat spesiaal vir die heel kleintjies gemaak is en bied ook ondersteuning en raad aan ouers met ’n vroeë baba. Volg hulle op Instagram en Facebook: @LittleLittlePrem.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees