book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Bewaar die visuele

akkreditasie
Foto: Aubrey Johnsson; Grimering: Kelly Fuchs-Rosen
Foto: Aubrey Johnsson; Grimering: Kelly Fuchs-Rosen

Ek het onlangs deur letterlik duisende ou foto’s op my rekenaar gegaan om vir my skoonma ’n album te maak. Skoonma is glad nie digitaal bedrewe nie en die enigste foto wat vir haar iets beteken is ’n gedrukte foto.

Eintlik wou sy net foto’s van haar sewentigste verjaardag hê, maar ek besluit toe om sommer groot te gaan en ook vir haar die 100 mooiste foto’s van haar aantreklike seun en pragtige kleinkinders (dis nou my gesin!) te druk. Ek het ure lank gekyk en ge-copy en ook probeer om die goed ’n bietjie beter te merk en te organiseer. Dit was lekker, maar ek was ook nogal vies vir myself dat ek dit nie van die begin af meer sistematies gedoen het elke keer as ek ge-download het nie.

Die taak is nou nog nie klaar nie en ek twyfel of ek die foto’s ooit 100% agtermekaar sal kry. Almal in die kantoor sê hulle foto’s is net so deurmekaar en ons ken almal iemand wat al ál hul kinders se foto’s verloor het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees