book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Die betowering van meerlinge

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jy het moontlik vroeg in jou swangerskap gehoor jy verwag ’n meerling, wat jou tyd gegee het om aan die idee gewoond te raak en jou huis en lewe in te rig vir die ekstra baba (of twee). Dit is egter nie al wat nodig is nie, want jy gaan hipergeorganiseerd moet wees en ekstra hulp nodig hê, veral in die eerste ruk.

Jou babas is wel saam gebore, maar hulle is elkeen ’n individu met ’n eie persoonlikheid. Deur elke baba afsonderlik vas te hou in die kraamkamer, ontwikkel jy en jou maat bande met elkeen wat lewenslank sal duur. Omdat elkeen sy eie unieke persoonlikheid het, sal jy met elkeen verskillend moet bind. Bestee afsonderlik tyd saam met elke baba, maar ook saam-saam. Maak vel-teen-vel-kontak, kyk in hul oë en geniet hulle!

Jy is geseën met twee borste en twee arms en behoort dus nie te sukkel om ’n tweeling te borsvoed nie. Die maklikste manier is om op die bed of ’n gemaklike stoel te sit en een baba onder elke arm in te pas met hul bene na agter en hul mondjies aan jou borste. As jy hulle saam voed, vestig jy ’n roetine. Jy sal dalk vind dat een baba hongerder as die ander is en meer voedings verwag. Vestig ’n roetine deur die een wat hongerder is die volgende voeding te laat bepaal. Jy kan dalk ook gedurende die dag op aanvraag voed en snags ’n strenger roetine volg. Onthou om ’n aantekening te maak van watter baba aan watter bors gevoed is en hulle met elke voeding om te ruil. Moenie jou bekommer oor die hoeveelheid melk wat jy maak nie – jy sal genoeg vir jou babas hê. Onthou dat dit tyd kos om borsvoeding gevestig te kry en jy sal moontlik aan die begin ’n bietjie sukkel. Moenie dat dit jou afskrik nie. Gaan vra raad by ’n borsvoedingkonsultant as dit vir jou voel jy kry dit nie reg nie. As jy dit moeilik vind om albei babas gelyk te voed, sal jy dalk vroeër met bottelvoeding moet begin as wanneer jy net een baba sou hê. Dit kan baie help aangesien jou maat een baba kan voed terwyl jy borsvoed en met die volgende voeding kan julle dan die babas omruil. So sal albei die voordeel van jou borsmelk geniet, maar dit sal help om jou meer ontspanne te laat voel wanneer voedingstyd aanbreek. Moenie stutvoed (die bottel met iets soos ’n ander bottel stut sodat jy nie fisiek hoef te voed nie) as jy bottelvoed nie. Hoewel dit vir jou soos ’n oplossing voel, is dit taamlik gevaarlik – klein babas verstik maklik as die melk te vrylik vloei. Dit beteken ook dat een baba nie die kans kry om styf vasgehou te word tydens ’n voeding nie. As dit by die voeding van meerlinge kom, moet jy doen wat jou die beste pas, hulp aanvaar as dit aangebied word en prakties wees.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees