book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Die ding van ’n naelstring

akkreditasie
Die Burgers van Montagu: Maraja (42), Petronella (4) en Kitty (3).
Die Burgers van Montagu: Maraja (42), Petronella (4) en Kitty (3).

Ek staan vanoggend in die stort en probeer al my bekommernisse afwas en dink aan my dierbare man wat ek nou ná twee maande ook aan my lyf begin mis. Hy was so trots op sy seunsagtige lyf van 43 jaar. Hy het hom goed versorg: altyd lekker geruik … en nou wag daardie mooi lyf vir my op ’n stowwerige rak in ’n klein boksie, reg om by meneer Die Begrafnisondernemer afgehaal te word.

Twee jaar gelede bespreek ons die onderwerp van sterilisasie want kyk, twee babas binne twee jaar vat aan enigiemand se lyf. Ek vra hom of hy nie wil gaan nie, want die kliniek sê dis so maklik vir mans: lokale verdowing en voor jy kan sê “mes” is alles verby! Grootoog sien ek hoe swaar hy sluk en vra wat daarvan as hulle dalk iets wat belangrik is afsny? Mans se bedrading is baie delikaat, sien … Ek het lekker vir hom gelag, ook toe die dokter hom destyds vra of hy die baba se naelstring wil afsny. Ek dag die arme man word flou hier langs my agter die groen gordyntjie. Ek was toe die brawe een wat vir die dokter beduie het hy moet sommer al die draadjies afknip wanneer hy die baba uithaal. (Thank you very much. Got the T-shirt.)

Dit het my toe onwillekeurig laat dink aan die ding van ’n naelstring. So nodig, maar dikwels ook so vernietigend. Saam met my eie gesonde, vet en pienk babas is daar miniatuur-babas gebore wat verslaaf is aan alkohol. As onderwyseres moes ek ’n hele paar vergaderings bywoon waar ons touwys gemaak is oor hoe om met ’n kind met fetale alkoholsindroom (FAS) in jou klas reg te kom. Hier in die Kaapse Wynland is dit deel van die alledaagse bestaan. Ek het in ’n stadium op ’n plaas gewoon waar jy ironies genoeg hoogswanger vroue in FAS-T-hemde langs die pad sien loop, doppie in die hand. Ek oordeel nooit oor ’n ander se lewe of keuses nie, want ek het geen benul hoe dit voel om in hul skoene te loop nie – dis net jammer van die ou kleintjies.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees